Tiger II-tenk


Tiger II-tenk op 'n geplavleide straat in Budapest, Oktober 1944
Tipe Swaartenk
Oorsprong Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland
Diensgeskiedenis
In gebruik 1944–1945
Oorloë Tweede Wêreldoorlog
Produksiegeskiedenis
Ontwerp 1943
Vervaardiger Henschel & Son / Krupp (skiettoring)
Koste per eenheid 800,000 Ryksmark ($300,000 VSD) in 1944–45[1]
Aantal gebou 492[2]
Spesifikasie
Massa 68.5 metrieke ton met eerste skiettoring
69.8 metrieke ton met latere skiettoring
Lengte 7.38 m (romp)
10.286 m met kanon vorentoe
Wydte 3,577 m
Hoogte 3,09 m
Bemanning 5 (drywer, kanonnier, laaier, bevelvoerder, drywer)

Pantser
25–185 mm
Primêre
bewapening
1× enkelstuk 8.8 cm KwK 43 L/71 (Eerste modelle)
1x 2-stuk 8.8 cm KwK 43 L/71. (Serien turm)
Produksiemodelle het 86 projektiele gedra
Sekondêre
bewapening
2× 7.92 mm MG 34 masjiengewere met 5,850 rondtes
Enjin Petrol aangedrewe V-12 Maybach HL 230 P30
Enjinlewering 515 kW
Transmissie Maybach OLVAR EG 40 12 16 B (8 ratte vorentoe en 4 tru)
Suspensie Torsiestawe
Grondvryhoogte 495 tot 510 mm
Brandstofkapasiteit 860 liters
Operasionele
bereik
170 km
Snelheid Maks. 41.7 km/h

Die Tiger II is 'n Duitse swaartenk van die Tweede Wêreldoorlog. Die finale amptelike Duitse naam van die tenk was Panzerkampfwagen Tiger Ausf. B,[nota 1] soms verkort tot Tiger B.[3] Die krygslogistieke naam was Sd.Kfz. 182.[3] Dit was ook informeel bekend as Königstiger[3] (die Duitse naam van die Bengaalse tier), soms vertaal as Koninklike Tier, of soms verkeerdelik vertaal as Koning Tier deur die Geallieerde soldate.[4][5]

Die Tiger II was die opvolger van die Tiger I en het die Tiger I se dik pantser met die skuins pantser van die Panther-tenk mediumtenk gekombineer. Die Tiger II het amper 70 ton geweeg en was beskerm met 100 tot 185 mm pantser aan die voorkant.[6] Dit was toegerus met die lang loop 8.8 cm KwK 43 L/71 teentenkkanon.[nota 2] Die onderstel is ook gebruik as basis vir die Jagdtiger skiettoringlose teentenkvoertuig.[7]

Die Tiger II was uitgereik aan die swaartenkbataljons van die Duitse Leër en die Waffen-SS. Dit was die keer op 11 Junie 1944 vir oorlogvoering deur die 503de Swaarpantserbataljon gebruik gedurende die Geallieerdes se inval van Normandië.[8] Aan die Oosfront was die 501ste Swaarpantserbataljon die eerste eenheid wat met die Tiger II toegerus is. Hulle het op 1 September 1944 oor 25 Tiger II-tenks beskik.[9]

  1. "Panzer VI Ausf.B Königstiger (1944)". www.tanks-encyclopedia.com (in Engels (VSA)). Besoek op 12 November 2018.
  2. Jentz 1996, p. 288.
  3. 3,0 3,1 3,2 Jentz and Doyle 1993, p. 16.
  4. Buckley 2004, p. 119.
  5. Tank Spotter's Guide, Bovington 2011 p. 63
  6. Jentz and Doyle 1993, pp. 12, 15.
  7. Schneider 1990, p. 18.
  8. Jentz and Doyle 1993, p. 37.
  9. Jentz and Doyle 1993, p. 40.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found


Developed by StudentB